Gallery
RIVERSDAL NUUSFLITS - Sally Hartnick se sopkombuis voer honger mondjies, maar kan nie voortbestaan sonder donasies nie.
Skenkings in die vorm van vleis, sopbene, geurmiddels, blikkieskos en selfs hout help om dié potte aan die kook te hou.
Sally vertel: “Ek doen dit uit die liefde van my hart. ’n Kind wat vra is regtig honger en as my kind vir my kom vra sal ek nie vir hom ’n klip gee nie.”
Tans gee sy vir tussen 40 tot 60 kinders en vyf bejaardes kos. Die bejaardes kan nie meer werk of vir hulself sorg nie.
Hier geniet van die kinders wat gereeld by Sally se sopkombuis kom eet mekaar se geselskap en lekker sop.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum of aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'