STILBAAI NUUS - Twee honde het Donderdag, 27 Januarie glo 14 opregte Meatmaster skape en twee boerbokke van Botterkloof buite Stilbaai doodgebyt.
Volgens die eienaar, Gert Kruger het die plaaslike polisie flink opgetree en een van die honde is binne die skaapkraal gevang.
“Ons skade is oor die R40 000 en ons glo boere in ons omgewing moet weet dat die een hond nog op vrye voet is.”
Kruger waarsku boere om indien moontlik, hulle kleinvee saans goed toe te sluit.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'