ALBERTINIA NUUS - Drie van vier honde wat Sondag 2 Junie een na die ander in Albertinia vergiftig is, het oorleef.
Slakgif, gemeng met varkvet en pap is gebruik. Dit is die eerste keer in die dorp dat dié gif gebruik word.
Volgens ’n veearts wat voorheen jong honde behandel het wat per ongeluk daarvan ingekry het, is die simptome onder meer oormatige kwyling, lusteloosheid en spiertrillings.
Die voorvalle is by die polisie aangemeld en hulle ry ekstra patrollies om moontlike misdadige optrede te voorkom.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'