RIVERSDAL NUUS - Community Animal Rescue Society (Cars) het 'n reun waarvoor hulle dringend 'n goeie huis soek.
"Hy is 'n goeie kruising, baie liefdevol, maar ook 'n uitstekende waghond. Hy is nog jonk en lewenslustig dus moet die nuwe eienaar bereid wees om hom oefening te gee.
Die erf moet goed en met hoë heinings toegemaak wees.
Hy kom goed oor die weg met ander honde en katte," sê die voorsitter van Cars, Sandra Lotz.
Sy noem dat toepaslike dierewelsyn regulasies toegepas sal word, daar vooraf huisinspeksie gedoen sal word, asook 'n aannemingsfooi gehef sal word.
ARTIKEL: ELIZE BLOM, SUID-KAAP FORUM JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'