HESSEQUA NUUS - Die VLR het hul harte oopgemaak vir CARS (Community Animal Rescue) en het leerders aangemoedig om vir behoeftige diere kos skool toe te bring.
CARS is 'n nie-winsgewende organisasie wat uit vyf lede bestaan.
Hulle visie is om katte en honde te steriliseer, om inentings te doen en loop van huis tot huis om te sien waar hulle behoeftige diere kan help.
Hulle leer ook die gemeenskap hoe om mooi na 'n dier om te sien.
Die organisasie word gefinansier deur donasies van die gemeenskap en deur 'n fooi wat mense betaal as diere aangeneem word.
Sandra Lotz, voorsitter kan by 082 962 1831 gekontak vir enige navrae of skenkings.
Hulle leer ook die gemeenskap hoe om mooi na 'n dier om te sien.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'