RIVERSDAL NUUS - Marius Matthee wat in 1974 gematrikuleer het, het gewys daar is geen keer aan sy drome nie.
Hy het 'n oorerflike nierprobleem wat in 2015 tot nierversaking gelei het.
Na 'n jaar op dialise het hy op 18 Maart 2016 'n nieroorplanting gekry. In 2018 het hy vir die SA span tydens die nasionale oorplantingspele gekwalifiseer.
Hy het ook Protea-kleure verwerf. By die Wêreld-oorplantingspele in Newcastle, Engeland wat vanaf 17 tot 24 Augustus plaasgevind het, het hy in die 60-69 jaar-ouderdomsgroep aan gholf, hoogspring en diskus deelgeneem. In hoogspring en diskus het hy goue medaljes verwerf en 'n 10de plek in gholf behaal.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'