HESSEQUA NUUS - Jaco (gr. 3) en Piet van Deventer (gr. 1) het die afgelope skoolvakansie as deel van die Wes-Kaapspan aan die nasionale jeugskou kampioenskap op Morgenzon in Mpumalanga in die afdeling, junior junior suiwelbees deelgeneem.
Sowat 384 kinders van oor die land het in verskeie kategorieë deelgeneem.
Jaco is eerste en Piet tweede geplaas, wat dus weggestap het as die twee topmanne in die land in hul ouderdom en afdeling.
Hul niggie, Abigail van Deventer is maar in gr. R in Hoërskool Heidelberg en het derde in die land in die afdeling, junior junior suiwelbees gekom.
Piet het 'n derde plek in die afdeling junior junior pluimvee verower.
Die twee boeties het vroeër in die jaar hul WP-kleure in jeugskou verwerf.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'