RIVERSDAL NUUS - Vier en sestig inwoners van Huis Jan Lange, Ou Meule en lede van Droom het op 27 Augustus op die Oakdale-plaas gaan kuier.
Hulle is deur die leerders met koorsang en musiek getrakteer. Sewe gasvrouens het met die ondersteuning van Riversdal Superspar, elkeen bederf met heerlike soet en sout versnaperinge.
Die Bulle voel dat hulle 'n sinvolle bydrae tot die lewens van ons senior burgers gemaak het.
Die senior burgers wat Oakdale besoek het.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'