RIVERSDAL NUUS - Die afgelope vakansie het Altesaam 43 leerders het die afgelope vakansie aan die Jeugskou Wes-Kaap-kampioenskap op Bredasdorp in die klasse wolskape, vleisskape, veselbokke, pluimvee, melk- en vleisbeeste, asook kookkuns deelgeneem.
Na afloop van die kampioenskap is 16 Oakdalers in die WP-span ingesluit wat in September aan die SA kampioenskap op Vryburg sal deelneem.
Deeglike voorbereiding vir dié kampioenskap kan tydens die nuwe seisoen-streekskoue gedoen word wat reeds op 11 April op Clanwilliam tydens die Sederberg-streekskou plaasvind.
Agter, van links: Gabri Volschenk, Schutte Müller, Visser Wessels, Abri Otto, Juann Turck, Pietie Groenewoud, Déhan du Pisani, Emdee Deyzel en Rohan Barry. Voor: Mnr. Fanus Fourie, Uysie Keyser, Janco Uys, Stephen Meyer, Regardt Erasmus, Bian van As, Henco Lubbe en Gerhard Ferreira.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'