RIVERSDAL NUUS - Nestlé het op 23 Augustus 'n baie insiggewende boeredag by die skool aangebied waartydens inligting aan produsente in die Suid-Kaap deurgegee is.
Lesings rakende die hantering van melk, die gevare van inflasie op die kosteknyptang en die volhoubaarheid van die suiwelbedryf is aangebied.
Daar was ook 'n lesing aangaande die beginsels van gemengde boerdery in die Wes-Kaap wat prakties uitvoerbaar is.
Mnre. Hoven Meyer, Nestlé-landboukundige: groepbestuurder en Jean Higgs, Nestlé-verteenwoordiger, het erkenning verleen aan drie van hulle produsente wat die beste kwaliteit rakende somatiese seltelling en bakterietelling gelewer het.
Nestlé het sy betrokkenheid by die ondersteuning van kwaliteit-landbouonderrig bevestig en ook die gr. 12-leerder, Keano Hendricks, gelukgewens met sy sport en akademiese prestasies.
Nestlé het hom gedurende die afgelope vyf jaar finansieel ondersteun.
Die gassprekers saam met Nestlé verteenwoordigers by die geleentheid was van links mnr. Hoven Meyer, prof. Robin Meeske en me. Sigrun Amann (beide Outeniqua proefplaas), mnre. Phillip Terblanche (Trace and Save) en Jean Higgs (Nestlé).
Produsente wat die beste kwaliteit melk gelewer het rakende somatieseseltelling en bakteritelling saam met Nestlé se verteenwoordigers is van links mnre. Hoven Meyer, Cobus Goedhals, Divan Saayman, Garth Hume en Jean Higgs.
Nestlé ondersteun landbouonderig. Van links: Mnre. Andries Malate, Hoven Meyer, Keano Hendricks, mnre. André Latsky (skoolhoof) en Jean Higgs.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'