RIVERSDAL NUUS - Sewe leerders was vanaf 2 tot 18 Januarie deel van 'n groep van 37 wat die Kalahari Vasbyt onder leiding van mnr. Andries Erwee meegemaak het.
Tydens die Vasbyt word deursettingsvermoë, spanwerk, geloof, leierskap en integriteit baie sterk bevorder.
Afgesien van reksprong en white water rafting in die Zambezirivier het die groep ook 'n roetemars van 54 km met sukses afgelê. Die staptog wat in Botswana aangebied word, is 'n gesogte item op die skool se jaarprogram.
Deelnemers ontdek baie meer van hulself tydens die geleentheid.
Agter, van links: Deon Horne, Jurie Groenewald, Jandré Jordaan, Rudolph van Dyk, Nico de Jager en Ajay Oelofsen. Voor: Wian Jonck en Pierre Fourie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'