RIVERSDAL SKOLE SPORT NUUS - SOMERINTERSKOLE: Buiten die Blouspan se oorwinning, het die Bulle op 18 Januarie puik prestasies op die atletiekveld behaal.
Die volgende atlete het rekords verbeter: Philip Kleynhans (s.17, gewigstoot, 16,85 m), Tino Singe (s.17, 100 m, 11.20 sek.), Pienie Pienaar (s.15, 1 500 m stap, 7:83.00), JL van Rensburg (s.14, gewigstoot, 15,39 m; hamergooi, 31,54 m) en Jared Erasmus (s.14, verspring, 5,37 m.
Die senior victor ludorum met totaal van 2 109 punte is deur Simeon Oosthuizen ingepalm.
JL van Rensburg is die junior victor ludorum.Oor drie items versamel hy 2 070 punte volgens die ASA-tabel.
242 Leerders neem gedurende die week en naweek deel aan die tradisionele somerinterskole tussen Oakdale en Boland Landbou in die Paarl.
Deelname geskied in die volgende sportsoorte: Twee o.19- en o.15-tennisspanne, ses krieketspanne (o.19 en o.15), asook 'n atletiekspan van 144 atlete.
Oakdale-rekords: Agter, van links is Philip Kleynhans en JL van Rensburg. Voor: Jared Erasmus, Tino Singe en Pienie Pienaar.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'