RIVERSDAL SKOLE NUUS - Kaylim Cordier (gr. 11) het tydens die eerste krieketspan se wedstryd teen Glenwood House in George op 19 Januarie 109 lopies van 99 balle aangeteken.
Hy is slegs die vyfde Oakdaler wat 'n 100-tal in hierdie liga in die geskiedenis van die skool aangeteken het.
Oakdale het 268/4 in 50 beurte aangeteken, waarna hul Glenwood vir 134 lopies uitgeboul het.
Afgesien van Cordier se vertoning met die kolf het hy ook 'n boulontleding van 3 vir 23 in 10 beurte en benut drie vangkanse.
Oakdale se o.15 A-span het ook met Glenwood House afgereken met 'n oorwinning van 95 lopies.
Die beste kolwers was Morné Scheepers met 40 lopies en Albert Steynmet 43 lopies. Terblanche du Plessis se drie paaltjies vir ses lopies was die uitsondering onder die boulers.
Mnr. André Bester (afrigter) saam met Kaylim Cordier.
Oakdale se o.15A-span is agter, van links: mnr. Pine Marais (afrigter), Dylan Morkel, Stephen Meyer, Morné Scheepers, Duan Roberts, Gino de Wit, Reinhardt Russouw en Terblanche du Plessis. Middel: Arend Blom, Francois Labuschagne, Pienie Pienaar, Albert Steyn en Zandré Conradie. Voor: Pieter Marais.'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'