RIVERSDAL NUUS - Misdaad in die Riversdal-omgewing het toegeneem.
Volgens ao Hans Bush van die plaaslike polisie, kan dit waarskynlik toegeskryf word aan die feit dat misdadigers redelik onlangs op parool vrygelaat is.
Hierdie misdadigers is gevonnis vir misdade soos verkragting, roof, aanranding, huisbraak en diefstal, diefstal vanuit voertuig en diefstal.
Inwoners word gevra om hulle veiligheid op te skerp, donker kolle te vermy en nie laatnag in donker strate beweeg nie.
"Die polisie en buurtwagte kan net sóveel doen, daarom vra ons dat die gemeenskap hulle eie veiligheid eerste stel en nie onverskillig optree nie,'' het hy gevra.
Vir klagtes en navrae kan die polisiestasie gekontak word by die landlynnommer 028 713 8500, maar indien hulle nie deurkom nie kan hulle die selfoonnommer 082 379 3885 skakel. Dit is 24/7 beskikbaar.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'