HESSEQUA NUUS - Garciapas is na Maurice Garcia vernoem? Hy was 'n 1820-setlaar van Joods-Portugese afkoms, wat die siviele kommissaris (magistraat) op Riversdal vanaf 1864 was.
Paaie was sy passie. Hy besef dat 'n meer direkte roete tussen Riversdal en Ladismith nodig is as die Plattekloof-pas, wat reeds vanaf 1772 gebruik is.
Te perd volg hy toe die kloof, langs die Goukourivier tot by Muiskraal. 'n Perderuiterspaadjie is eers langs die Goukourivier deur gevangenes gebou.
Thomas Bain is in 1871 gevra om 'n roete vir 'n pad deur die berg te beplan (vandag deel van die R323).
Die pas is baie moeisaam met die hulp van gevangenes gebou en is in November 1879 vir verkeer geopen en na Garcia vernoem.
Hy het in 1877 afgetree en is op 15 Desember 1884 oorlede.