Update
HESSEQUA NUUS - Die Gouritz-groepsbiosfeer-reservaat (GCBR), Hessequa-kunsroete en Hessequa-biblioteke nooi alle hoërskool-kunstenaars van Hessequa, tussen die ouderdomme van 13 en 19 jaar oud, om deel te neem aan 'n betowerende kunskompetisie genaamd, Inheems.
Daar is fantastiese kontantpryse op die spel, so maak seker om jou gunsteling kategorieë te kies: skilderkuns, tekenkuns, fotografie of grafiese ontwerp.
Die pryse word geborg deur die GCBR en die projek mik om omgewingsbewustheid onder die jeug te bevorder. Soms vergeet ons dat die streek waar ons woon, so spesiaal is dat dit as 'n biosfeer verklaar is.
Inskrywings:
Sluitingsdatum vir alle kunswerke moet voor 29 September by jou plaaslike biblioteek in 'n A4-formaat of groter ingedien word. Geen digitale voorleggings word aanvaar nie.
Inskrywings sal 25 Oktober tydens 'n prestige kunsuitstalling by Riversdal-burgersentrum ten toon gestel word, gevolg deur 'n prysuitdeling vir die wenners. Elke deelnemer sal 'n sertifikaat ontvang en die wenners sal deur die Hessequa-kunsroete se projekspan aangewys word.
Laat die natuur jou inspireer en vier ons inheemse wonders met jou kreatiwiteit! Ontketen jou skeppingsvernuf en wees deel van hierdie verreikende ervaring.
Vir meer inligting, besoek gerus die GCBR se webwerf by www.gourtz.com.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’