RIVERSDAL NUUS - Jy kan weer bloed op die volgende datums by die burgersentrum op Riversdal skenk:
• Donderdag 11 April
• Donderdag 20 Junie
• Donderdag 15 Augustus
• Donderdag 24 Oktober
• Donderdag 19 Desember
Vir meer inligting, SMS ‘Bloed’ na 33507 en die WPBOD sal jou terugskakel met inligting waar om te skenk.
Om bloed te skenk neem ongeveer 30 minute. Jy kan elke 56 dae skenk en moet ouer as 16 en jonger as 65 wees.
Dit sal jou geen fisiese skade berokken nie, aangesien slegs 475 ml bloed geneem word en wat die liggaam binne 24 uur vervang.
Laai die bloedbank se toep, ‘WP Blood’ af om uit te vind waar jou naaste kliniek is op die dag van bloedskenking.
Dit is gratis beskikbaar by alle iOS en Android toep-winkels.
Die toep sal ook vir jou kan wys hoe WPBOD se bloedvoorraad op daardie oomblik lyk.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'