STILBAAI NUUS - Die verantwoordelikheid om 'n vuurwapenlisensie op die gegewe tyd te hernu, lê by die lisensiehouer.
Om daardie rede moet eienaars van vuurwapens bedag wees op die vervaldatum op die lisensiekaart.
"Lisensies moet 90 dae voor die vervaldatum hernu word om te voorkom dat dit verval," raai a.o. Stiaan Claassens van Stilbaai-polisie aan.
Die tydperk wat 'n vuurwapenlisensie geldig is wissel, afhangende waarvoor die wapen gebruik word.
Onthou om gesertifiseerde afskrifte van jou identiteitsdokument/kaart of paspoort, bevoegdheidsertifikaat, opleidingsertifikaat, permanente woonadres en van die lisensie se voor- en agterkant wat hernu moet word saam te neem, asook twee onlangse paspoortfoto's in kleur.
Maak seker dat jy jou lisensie 90 dae voor die vervaldatum (in rooi omkring) hernu.
'n Motivering hoekom die vuurwapen benodig word moet ook verskaf word.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'