RIVERSDAL NUUS - Vroeg in Maart was dit Nasionale Rolstoeldag, maar Helpende Hand Riversdal het besluit om die inwoners van Huis Wallace Anderson te bederf en eerder op 25 Maart, Nasionale Wafeldag saam met hulle te geniet.
Helpende Hand se Riversdal-tak is baie bedrywig in die gemeenskap en beplan nog 'n hele paar projekte, waaronder die plaaslike skole, Droom en 'n Dames-middagete later in die jaar.
Indien jy wil betrokke raak in die gemeenskap saam met Helpende Hand, kontak gerus vir Marna de Villiers (voorsitter) 082 574 9223 of Janet Muller (ondervoorsitter) 072 530 2723 of Anna-Marie Hughes (sekretaresse) 083 704 9917.
Wafeldag is behoorlik by Huis Wallace Anderson gevier.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’