STILBAAI NUUS - Om 197 eenhede bloed te skenk, darem nie alles op een slag nie, sit nie in enigeen se broek nie.
Dié groot mylpaal het Charles Colliston van Stilbaai op Donderdag, 22 April tydens die bloedskenkkliniek in die burgersentrum behaal.
Sodoende het hy al honderde mense gehelp wat bloedoortappings benodig het, dus 'n held in eie reg.
Hy is 'n oud-Gautenger wat in 1995 na George verhuis het en in 2012 na Stilbaai.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'