Gallery
HEIDELBERG NUUS - 'n Boorling van Heidelberg, Quinton Adams wat bekendheid verwerf het as die Shackbuilder, het 'n uitnodiging ontvang om deel te wees van die Tweede Wêreld Konferensie: 'Habitat in Stede' in Collingwood, Kanada in Oktober.
Dit was egter ‘n groot teleurstelling dat die span as gevolg van Covid-19 nie na Kanada kon gaan nie, waar meer as 300 stede se verteenwoordigers saamgekom het om oor behuising in stede oplossings te soek.
“Ons aanbieding oor die Shackbuilders-projek se titel was: Design for Dignity, met verwysing na ons benadering van “Ons herstel menswaardigheid”.
FOTOGALERY: Shackbuilder voorlegging aanvaar vir Wêreld Konferensie
Adams is vroeg in Desember in kennis gestel dat hulle voorlegging aanvaar en in die Urban Economy Forum Resolutions for Habitat in Towns vervat is.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'