Gallery
HEIDELBERG NUUS - Vroue van dié dorp het Woensdag 9 Augustus hul spesiale dag op verskeie maniere gevier, met die plaaslike Badisa-tak wat ‘n uithang ontbyt vir nagenoeg 160 vroue aangebied het.
Die tema vir die vieringe was 'Reis om die Wêreld'.
Dié vroue in hul uitrustings van hul verskeie lande van 'herkoms’ is deur Annalise Wiid, bekende sanger, skrywer en motiveringspreker in die plaaslike NG kerksaal met sang en gedigte getrakteer.
Die dag se vieringe is ook later die dag deur vroue van die AGS-Oos kerk-gemeente met ‘n 'praise en worship' bediening en ligte ete in hul kerk gevier.
ARTIKEL & FOTO: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'