HEIDELBERG NUUS - Heidelberg se landbouskou het die afgelope week afgeskop en eindig Saterdag, 12 Februarie.
Tydens hul skoudans is nie net die dorp se mooiste dames aangewys nie, maar 'n eerste ooit, ook die aantreklikste man.
Die pragtige Rebecca Willemse (voor) is as skoukoningin gekies, terwyl André de Jager die kroon as skoukoning dra.
Die eerste prinses is Denise Scholtz (regs) en Stephanie van Papendorp is as tweede prinses verkies.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'