Gallery Video
HEIDELBERG NUUSFLITS - Die jaarlikse kommandorit het amptelik Vrydag 22 September afgeskop toe daar oudergewoondte perde aangery, tente opgeslaan en om die kampvuur by die skouterrein se skaaphokke gekuier is.
Ongeveer 23 perde en hul ruiters, wat hoofsaaklik uit gesinne bestaan wat ‘n groot liefde vir perde koester, het Saterdag ‘n 10 km perderit aangepak.
Die roete het by die skouterrein begin, waar eers ‘n ruiker ter nagedagtenis aan die oorlede perdelegende van die dorp, Doors Kleynhans, op die paviljoen gesit is.
Ruiters kon iets te drink en te ete by ‘n padstal net buite die dorp geniet en weer na die beginpunt terugkeer.
Hoewel met ‘n swaar gemoed afskeid geneem is, was daar ‘n huppel in elke perd se gallop, want die ruiters kan daarna uitsien om volgende jaar weer oor die klippe, deur die slote, versigtig te trap met hul perde se pote.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'