HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike polisie het beslag gelê op 'n wit Volkswagen Golf wat as gesteel aangemeld is.
Die 28-jarige verdagte van Burundi is deur die plaaswag, in samewerking met C-skoflede onder leiding van ao. Jaco Louwrens op die N2 in hegtenis geneem.
Hy het Vrydag 17 Mei in Heidelberg-landdroshof verskyn.
Teen spertyd was die besonderhede van sy volgende verskyning nie beskikbaar nie. Volgens ao. Alroy Windvogel, plaaslike mediawoordvoerder, is die arrestasie gemaak nadat hulle inligting vanaf Swellendam-polisie ontvang het.
Die wit VW Citi Golf waarop beslag gelê is, met die wit Hyundai Getz wat klaarblyklik tydens die rooftog op 'n bejaarde egpaar van Witsand gebruik is.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'