Gallery
HEIDELBERG NUUS - ’n Spanbou langs die Breërivier op Woensdag 4 September was vir Heidelberg se polisiebeamptes presies wat nodig was om hul gees reg te hou.
Die manne het gebraai, gekuier, visgevang en domino’s gespeel. Sommige het al die vorige aand op die terrein in tente oornag.
Kompetisie onder die hengelaars was straf en ao. Frans Jooste is met ’n visstok vir die grootste vis beloon.
Die plan vir die spanbou het uit ’n bederf-aand wat hulle onlangs vir vroue gehou het, ontstaan.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'