Update
ALBERTINIA NUUS - 'n Bestuurder het Woensdag 27 Junie ongeveer 14:00 op die Hecktorskraalpad, tussen Albertinia en Stilbaai, beheer oor sy voertuig verloor.
Dit het moontlik begin gly op die nat, gladde pad as gevolg van die reën, vasgesteek, omgeslaan en op sy dak te lande gekom.
Die bestuurder, wat alleen in die motor was, het ligte beserings opgedoen. Nooddienste was op die toneel.
Ander mense wat gereeld dié pad gebruik het hul bekommernisse uitgespreek: "Ons gaan lewens as gevolg van die toestand van hierdie pad verloor. Die pad moet 'n behoorlike bolaag kry.
"Solank die pad so lyk gaan dit aanhou gebeur. Waarom tree niemand op nie? Wag hulle dat iemand moet doodgaan voor hulle die erns van die saak besef?"
Lees 'n vorige artikel: Ongleuk op nat pad
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'