ALBERTINIA NUUSFLITS - ’n Bestuurder het vandag, Woensdag 27 Junie ongeveer 14:00 op die Hecktorskraalpad, tussen Albertinia en Stilbaai, beheer oor sy voertuig verloor.
Dit het moontlik begin gly op die nat, gladde pad as gevolg van die reën, vasgesteek, omgeslaan en op sy dak te lande gekom.
Dit is onduidelik of die bestuurder, wat alleen in die motor was, beseer is.
Nooddienste was op die toneel.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'