Gallery
RIVERSDAL NUUS - Die hare het behoorlik gewaai tydens KANSA se jaarlikse Shavathon wat Saterdag 29 Februarie op Riversdal plaasgevind het.
Talle inwoners het daarna met al die kleure van die reënboog gespog.
Die geleentheid is een van KANSA se fondsinsamelingsprojekte en sowat R2 000 wat ingesamel is, sal gebruik word om die lewens van kankerlyers bietjie draagliker te maak.
Fotogalery: Riversdal KANSA Shavathon
Agter, van links: Melinda van der Walt en haar man Louis. Voor: Roeleen Paulsen, Theresa van Vreden, André van Wyk, Yolanda Prinsloo, Hanja Louw en haar man Frank.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'