HESSEQUA NUUS - Andrew Stroebel, speaker van Hessequa-munisipaliteit, is deur die Demokratiese Alliansie (DA) aangestel as sy verkiesingsbestuurder vir 2024 vir die groter Oos-streek, wat verskeie kiesafdelings (munisipaliteite) insluit.
Hy sal egter steeds in sy pos as speaker voortgaan.
Stroebel het sedert 2009 verskeie rolle by die DA met groot sukses vervul.
Onder sy leiding is Hessequa aangewys as die DA se beste "groei-kiesafdeling" in die Wes-Kaap en ook die party se tweede beste "groei-kiesafdeling" in Suid-Afrika.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’