Alhoewel die wrede moord op Ampie Jansen die grootste beweegrede was vir die groot opkoms het heelwat inwoners ernstige vrae gehad vir polisielede teenwoordig by die vergadering.
Buiten vrae rondom die moordondersoek, gebeure op die moordtoneel en misdaad in Melkhoutfontein is heelwat bewerings gemaak van beweerde polisie brutaliteit teenoor lede van die gemeenskap.
Eerwaarde Roode het met 'n sterk boodskap verrigtinge geopen, " 'n man is gestenig terwyl inwoners nog in die kerk was, ons wys nie vinger nie, die seer is te rou".
Sy het die vraag gevra wat die gemeenskap gaan doen as die sewe verdagtes wel borgtog kry? Hoe gaan die gemeenskap reageer want hul het families in die gemeenskap. "Hulle het gebed meer nodig as ons, waar gaan ons die lyn vanaand trek?".
Lees meer hieroor in aanstaande week se Suid-Kaap FORUM, asook aanlyn.
Die polisie het vrae van inwoners beantwoord.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'