Gallery Update
RIVERSDAL NUUS - 'n Informele struktuur in Wilgerstraat het Donderdag 14 Maart uitgebrand.
Die brand het om 16:45 by 'n struktuur, aangrensend tot 'n bestaande woning, plaasgevind.
Die tydelike woning was deur Piet Miggels bewoon. Miggels het al sy besittings in die brand verloor. Hy was nie tuis tydens die brand nie.
Twee buurmanne, Duncan Francis en Cyril Abrahams het met hul tuinslange probeer om die brand te blus, terwyl die huiseienaar vir die brandweer gewag het. Sy huis het rookskade opgedoen en een muur het as gevolg van die hitte gekraak.
Die oorsaak van die brand is nie bekend nie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'