Haar besonderse olieskildery getiteld 'Stilbaai sand en see' is aangewys as die beste skildery tydens die uitstalling. Bekende inwoner en skilder van Stilbaai, Maxie du Plooy het na 'n kort toespraak die prys aangekondig. Die Stilbaai Kunsvereniging het reeds bekendheid verwerf vir die ongelooflike talent van hul lede.
Die kunsvereniging se jaarlikse kunsuitstalling het Maandagaand, 23 September amptelik geopen en duur tot Vrydag, 27 September.
Kunsuitstallings deur die vereniging gewoonlik 'n fees vir die oog met verskillende style, mediums en temas wat gewoonlik uitgestal word. Gaan loer gerus in!
Van links is Jeanne Groof, Maxie du Plooy en die onder-voorsitter van die Stilbaai Kunsvereniging, dr. Mariaan Smit by die wenskildery getiteld 'Stilbaai sand en see'.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai | Hessequa nuus'