Update
HEIDELBERG NUUS - Van kindsbeen af was Kerneels le Roux (83) van Heidelberg baie lief vir die natuur, asook vir tuinbou wat groente, vrugte, asook blomme insluit.
Le Roux spog sedert sy aftrede 22 jaar gelede met 'n groot tuin met omtrent alles daarin wat 'n mens benodig om van te leef.
Een van sy mees gesogte produkte is avokadopeerbome wat elke jaar groot oeste vir hom lewer. Hierdie oes deel hy en sy vrou, Nelie met bure, vriende en behoeftige inwoners.
Hy spog met sy grootste avokadopeer tot dusver wat die skaal op 1.5kg laat kreun het.
Volgens dié ywerige tuinier het hy nou drie verskillende soorte avokadopere in sy tuin en is hy baie trots op sy onlangse oes.
Hy gee ook baie krediet aan sy werker, Casper September vir sy toegewydheid en lojaliteit.
Gepols oor sy geheim vir sy weelderige groenigheid, noem hy beskeie dat dit harde werk en baie liefde verg om goeie oeste te produseer.
Nelie voeg ook trots by dat sy mededeelsaamheid met almal wat sy pad kruis grootliks tot sy goeie oeste bydra.
Nelie en Kerneels le Roux spog met een van hul spog avokadopere. Foto's: Clive Pretorius
Die avokadopeer laat die skaal op 1.5kg kreun.
Die tuin het omtrent alles in wat ’n mens benodig om van te leef.
Die tuin het omtrent alles in wat ’n mens benodig om van te leef.
Le Roux spog sedert sy aftrede met 'n groot tuin.
Vorige artikel: Sy vingers is al lankal groen
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'