Volgens die GBHA nader die sage nou sy einde, maar is nog nie verby nie nadat die departement van omgewingsake 'n skrywe rakende die oortreding aan die Hessequa munisipaliteit gerig het.
Hul noem verder dat daar egter nog geen uitsluitsel ontvang is met betrekking tot die kriminele klag wat deur twee van hul lede met betrekking tot die skandmuur gelê is, en wat vir hersiening na die Direkteur van Openbare Vervolging verwys is nie. In die lig van die beslissing van Omgewingsake is die GBHA ook van mening dat kriminele vervolging van die oortreder (-s) nie vermy kan word nie.
Bou van muur na bewering onwettig:
Die GBHA is van mening dat die bou van die muur "onwettig en sonder die nodige omgewings permitte gedoen is". Hul voer verder aan in 'n skrywe dat "die Hessequa munisipaliteit slegs 'n permit vir die versteuring en verskuiwing van hoogstens 20kg klip, na oorweging van 'n skriftelike aansoek, mag uitreik.
"Hul noem verder dat "vir die versteuring en verskuiwing van meer as 20 kg rotse en klippe, soos die geval was in Gouritsmond, moet daar ook ingevolge Artikel 64 (1) gelees saam met Skedule 3, B.4 van Wet 24 van 2008 skriftelik by die Minister verantwoordelik vir Nasionale Omgewingsbestuur aansoek gedoen word vir 'n permit inagname die voorgeskrewe omgewings impak bepalings".
Die GBHA noem dat "daar in hierdie geval ongeveer 100 ton rotse en klippe ter sprake is wat onwettig versteur en verskuif is". Die GBHA beweer verder "dat 'n munisipale amptenaar (mnr. Hendrik Visser) gesê het dat die spesifieke opdrag mondeling gegee is".
Geen sodanige aansoek is volgens hulle ontvang of die nodige permit vir die verskuiwing van die rotse uitgereik nie. Daar word verder beweer dat Visser van die Hessequa munisipaliteit tydens 'n vergadering op 30 Augustus 2011, tussen hom en die GBHA bevestig het dat die munisipaliteit nie die herstel en verdere vergroting van die versperring gemagtig het nie. Hul beklemtoon ook dat "'n onervare amptenaar die versoek uitgevoer het", "sonder om eers magtiging by sy munisipale hoofde te verkry, soos vereis word".
Die GBHA is van mening dat die aksie is volgens "Wet 24 van 2008 dus onwettig, en volgens hierdie Wet 'n Kategorie 1 oortreding, wat buite munisipale rekord van besluit met gewone instandhou-dingsfunksies val.
Die GBHA voel ook dat hierdie tipe handeling van "quarrying" asook skending van die kus 'n impakstudie vereis, en kan dus alleen deur die minister gemoeid met omgewingsake gemagtig word. Daar word verder beweer dat die "vrywilliger" in beheer van die verrigtinge (myn van rotse, klippe en skulpgruis uit die kussone en die oprigting van die skandmuur), asook 'n persoon verbonde aan die Gouritsrivier Bewaringstrust geimpliseer word by die beweerde onwettige handeling.
Notule van vergadering gehou:
Volgens 'n notule wat aan die koerant verskaf is van die vergadering op 30 Augustus 2011 op Gouritsmond, tussen die GBHA gekoöpteerde lede en mnr. Hendrik Visser word daar genoem dat die Hessequa Munisipaliteit onderneem om die gewraakte muur te laat verwyder, en toe te sien dat die klippe en rotse sover moontlik op hul oorspronklike posisies teruggeplaas word, maar is ook versoek dat die GBHA geduldig hiermee moet wees, aangesien dit nie oornag sal geskied nie. Die munisipaliteit het na bewering onderneem om as deel van 'n totale herbeplanning van bestaande tweespoorpaaie tussen die see en die bestaande pad na Gourikwa, te oorweeg om in die lig van die 2008 Kuswetgewing, die gewraakte pad vir voertuie onder seker voorwaardes oop te stel, asook om 'n draai-sirkel aan die einde van die pad te skep.
Departement omgewingsake:
Suid-Kaap FORUM het tydens die ondersoek bevind dat daar wel 'n amptelike skrywe vanaf die departement van omgewingsake se direktoraat "compliance and enforcement" aan die Hessequa Munisipaliteit gestuur is rondom die beweerde onwettige aktiwiteit met betrekking tot die verskuiwing van die klippe. Die departement het 'n ter plaatse inspeksie gedoen op 22 Februarie 2012 en gevind dat 'n groot volume klip, onwettig binne die 100 meter hoogwater merk verskuif is.
Daar is ook glo billike gronde dat 'n gelyste aktiwiteit verbreek is deur die aktiwiteit (volgens regerings nota R544, uitgereik op 18 Junie 2010 in terme van seksie 24(2) en 24D van die NEMA wetgewing) en het die aksie volgens inligting sonder die nodige omgewings toestemming plaasgevind, wat insluit: (1) aktiwiteite in die see en estuarium binne die 100 meter hoogwater merk en (2) die invulling van materiaal van meer as 5 kubieke meter binne die 100 meter hoogwater merk. Die Hessequa Munisipaliteit het kennis gekry om te reageer op die skrywe en dat die area gerehabiliteer moet word. Indien daar nie gereageer word hierop nie kan 'n boete van R5 miljoen uitgegee word of tronkstraf van 10 jaar of beide.
Hessequa reageer:
Mnr. Shagon Carelse, omgewings offisier van die Hessequa Munisipaliteit het as volg gereageer op die amptelike skrywe vanaf die departement van omgewingsake se direktoraat "compliance and enforcement": "Prior to the construction of the first barrier in 2007 a fence barred the way and kept vehicles from entering this area, this fence was cut which necessitated the construction of a rock barricade. The following information was given to the Hessequa Municipality on which approval was granted for the use of municipal resources to reconstruct the alleged illegal barrier:
(1) Chairperson of Gouritsmond Community Policing Forum (CPF) (Email of 24 June 2011 04:48 PM) to Eden District Municipality: The chairperson indicates that people are driving below the high-water mark as the rock barrier which was constructed in 2009 was removed. He also indicated that this was an illegal activity in terms of the Coastal Management Act and that poachers access this point at night for their unlawful activities. (a) The access point was closed off during 2009 for the same reasons and the chairperson of the CPF laid a charge against one of the perpetrators who was given a warning by the local police.
(2) Eden District Municipality (E-mail 27 June 2011, 08:03 AM) forwarded the above e-mail to Hessequa Municipality for our attention and consideration.
(3) A municipal official went out on a site inspection (28 June 2011).
(4) (E-mail: 28 June 2011 10:21) The official confirmed that rocks can be moved into place as to bar access onto the beach by vehicles. The official also indicated that the Chairperson of CPF indicated that he will assist in this regard, if Hessequa Municipality is willing to provide one of their TLB machines.
(5) (E-mail: 30 June 2011 03:47 PM) Hessequa Municipality granted approval for the use of our TLB and resources to the chairperson of the CP, firmly believing that we are operating within the perimeters of relevant legislation (below) especially with regards to protecting our natural environment: (National Environmental Management Integrated Coastal Management Act, 24 of 2008), Section 13 (1) and (2)
Access to coastal public property. The right of reasonable access to coastal pu-blic property does not prevent prohibition or restrictions on access to, or the use of, any part of coastal public property -...which is, or forms part of a protected area -...to protect the environment, including biodiversity.
Section 20- Responsibilities of municipalities with regard to coastal access land (20 (1) A municipality in whose area coastal access land falls must -(a)...(b) control the use of, and activities on, that land. (f) ensure that the provision and use of coastal access land and associated infrastructure do not cause adverse affects to the environment.
Section 29- Determining or adjusting boundaries of coastal land.
When determining or adjusting a coastal boundary of coastal coastal access land a municipality must take into account - (a) the kind of public access required, and whether it is for - i. pedestrians, (ii) vehicles, (iv) any other kind of access. (b) any potential adverse effects that public access may cause, including those caused by-(i)...(ii) vehicles (e) the need to protect any coastal protected area.
(6) (E-mail: 13 September 2011 10:19 AM) Municipal official informed his manager that case was opened at the local police station against the above activity and that two municipal officials was already questioned by the police.
(7) (E-mail: 06 October 2011 03:24 PM) Hessequa Municipality received a letter via e-mail from the Chairperson of the CPF in which all relevant legislation are listed as well as dates and actions of Gourits Boat and Angling Club (GBAC) who made the allegations and (above) opened a docket at the local police station against the CPF, Hessequa Municipality and Eden District Municipality for unlawful conduct and activity. Finally we would like to bring under the attention of DEA&DP: Compliance the reasons why we approved the use of our resources and gran-ted approval for the activity.
(1) The area and road is a hotspot for poaching. (2) Driving in this area can only be done with a valid O.R.V. Permit and license. (3) The location is a known corridor along which and endangered tortoise species traverse, and (4) It is the local municipality's responsibility to protect our natural resources and to promote a healthy environment. Thus, the overall objective was to ensure that the municipality fulfils its duty towards conserving the environment without taking away the ability of the users to utilize it in a lawful manner".
GBHA reageer op munisipale kommentaar gelewer:
Suid-Kaap FORUM het die volgende kommentaar vanaf die GBHA ontvang in reaksie op mnr. Carelse se kommentaar aan die departement van omgewingsake:
"Die versperring van 2007 (draadheining) was nie die eerste heining wat hier aangebring is nie. Die vorige huurder van die grond (wyle Mnr. Charles Swart) het ook ongeveer dieselfde periode (2004-2006) 'n heining tot onder die hoogwatermerk opgerig om sy skape binne te hou), wat mense eenvoudig afgeknip het, omdat hulle gemeen het dat niemand die reg het om toegang tot Skul-piestrand te verbied nie". "Ons insiens was die rotsversperring wat met massiewe rotse in 2007 opgerig is, alreeds onwettig opgerig aangesien die voorgeskrewe prosedures vir magtiging nie gevolg is".
Enkele regstellings aangaande mnr. Shagon Carelse se kommentaar:
"people are driving below the high-water mark" is die grootste twak. Die tweespoorpad loop bokant die hoogwatermerk, en bestaan minstens sedert die tweede Wêreldoorlog. Daar is totaal onbeskadigde veld, bossies en plantegroei weerskante van die pad. Slegs tydens uitermatige stormsee het die see al oor die paadjie gespoel, net soos oor die Provinsiale pad P1522 en Kusweg in Gouritsmond! Die argument dat "poachers access this point at night" is die grootste onsin en absoluut belaglik! "Poachers" kan mos enige deel van die kus, en veel makliker bereikbare plekke snags betree.
Dis die maklikste ding ter wêreld om stropers hier vas te trek, aangesien hier slegs een toegangspunt is! Die polisie behoort dit regtig "laaank" voor "brekvis" op te los. (of is die vervolgingswaan van 'n enkele individu dalk die primêre oorsaak van hierdie sage?). Grootskaalse stropery kom in alle geval meestal slegs voor in die afgesperde gebiede waar juis geen publieke toegang is nie! Mnr. Shagon Carelse skryf op 'n paar plekke dat die "Chairman of the CPF laid a charge againt one of the perpetrators" en "Chairman of CPF" dit en dat. Nêrens noem hy dat die voorsitter van die Bewarings-trust en die voorsitter van die GPF "CPF" een en dieselfde persoon was nie. Waarom nie? Probeer hulle 'n skuiwergat soek?"
Die GBHA noem verder dat "die Bewaringstrust het in die Suid-Kaap FORUM van 22 Julie 2011 gesê dat die Bewaringstrust betrokke is. Die Skandmuur en die hele aangeleentheid is nooit eens op enige GPF "CPF" vergadering bespreek nie! Die notules van die GPF behoort dit mos tog darem te weerspieël! Die GPF was regtig nog nooit ter sprake nie!" en voer verder aan dat "voor 11 Julie 2011 was die versperring vir motorvoertuie slegs enkele rotse wat op afstande van mekaar geplaas is om te verhoed dat 'n voertuig kan deurgaan.
Op 11 en 12 Julie is meer as 100 ton rotse gemyn en 'n kilometer verder langs die kus aangery om die Skandmuur op te rig!" Die GBHA beklemtoon dat "die klag wat aanvanklik by die polsie en omgewingsake gelê is, het niks van kustoegang gemeld nie. Dit was slegs oor die onwettige myn van rotse uit die kussone en die skending van die kus. Al die rolspelers, amptenare van Hessequa Munisipaliteit, Eden Distriks Munisipa-liteit, die Gouritsmond Bewaringstrust, en die belangrike "vrywilliger", was terdeë bewus van die bestaan en bepalings van Wet 24 van 2008!"
Die GBHA verwys verder na punt (7): "Die GBHA het nie die klag teen die GPF gelê nie. Die klag is deur twee lede van die GBHA gelê teen persone of instansies wat die WET oortree het. Lees die Suid-Kaap FORUM van 22 Julie 2011. Wie was in bevel van die werke, en wie het die werkers betaal?" en sluit af met kommentaar op "Why we approved the use of our resources and granted approval for the activity": "Absolute Kaf! Enige area is 'n "hotspot for poaching". "Waarheen gaan skilpaaie spesifiek daar? Om te gaan swem op Skulpiestrand? Wat van redelike kustoegang vir die publiek? Baie mense kan en wil nie 10 km stap om plekke anderkant Schoeman se Sloep te besoek nie!"
Gouritsmond Bewaringstrust kommentaar:
Suid-Kaap FORUM was in gesprek met die voorsitter van die Gouritsmond Bewarings-trust, ds. Peter Frantzen rakende die muur saga asook om kommentaar in te win rakende die artikel. Mnr. Frantzen was uitstedig ten tye van die navraag en het aan die koerant genoem dat nie hy of enige lid van die Bewaringstrust namens die Bewaringstrust kommentaar kan lewer nie. Hy het ook ge-noem dat hy eers in Augustus sal kan reageer op die artikel aangesien die trust dan eers weer vergader.
Hendrik Visser, Hessequa munisipaliteit reageer:
Die Hessqua Munisipaliteit distansieer homself van die benaming van die "skandmuur" aangesien dit 'n benoeming is van die GBHA en wys uit dat dit 'n klipversperring is. Die Hessequa Munisipaliteit is deur die Eden Distriks Munisipaliteit genader om behulpsaam te wees met die herstel van die klipversperring nadat klagtes uit die gemeenskap ontvang is dat die versperring gedeeltelik verwyder is. Toestemming is deur die Tegniese Afdeling gegee vir die beskikbaarstelling van masjinerie vir die herstel van die versperring. Kennis moet geneem word van die feit dat daar al die jare 'n draadversperring was, wat later deur klippe vervang was, op die privaat grond en nie daargestel deur Hessequa Munisipaliteit nie.
Die doel van die versperring is om ongemagtigde voertuigtoegang na die kussone te verhoed en om sodoende enige skade aan die kussone en plantegroei te minimaliseer. Daar is geen formele pad nie en voertuie kan (indien daar geen versperring is nie) na willekeur oor hierdie gebied ry. Die aksie van die Eden Distriks Munisipaliteit ( in samewerking met Hessequa Munisipaliteit) was primêr ten doel om verdere skade te probeer vermy deur die versperring te herstel. Die verwysing na 'n 100 ton klippe en gruis is nie korrek alvorens dit nie bewys is nie. Tans word die aangeleent-heid ondersoek deur die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning. Indien die verskuiwing van klippe en gruis 'n ongemagtigde handeling is, wat eintlik ten doel gehad het om verdere skade aan die kus te probeer verhoed, moet beswaarmakers daarteen ook kennis neem dat enige handeling met 'n voertuig wat plaasvind op die kussone vanaf die geproklameerde pad ook 'n ongemagtigde aktiwiteit is aangesien die huidige toegange en paadjies geen omge-wingsmagtiging het nie.
Eienaar van Laventelbos reageer:
Mnr. Jan Visser, eienaar van die plaas Laventelbos (Silverspot Investments One CC) op Gouritsmond was in kontak met Suid-Kaap FORUM rakende die "Skandmuur saga".
Volgens Visser kan hy na deeglike ondersoek deur homself asook sy prokureur bevestig dat hulle die oorspronklike Akte asook oorspronklike kaart by die Akte kantoor opgespoor en nagegaan het. Visser noem dat hulle nie anders kan as om te aanvaar dat die see die grens van Restant 452 Rietvalley (Laventelbos) uitmaak, wat beteken dat hier geen "coastal zone" bestaan nie en saamgelees met Wet 24, 2008 (National Environmental Management: Integrated Coastal Management Act, 2008), Chapter 2, Part 1, paragraph 7 (d) (i) die kuslyn en strand deel vorm van sy grond en uitgesluit is by die hierdie wet. Visser beklemtoon dat totdat die teendeel bewys word, en hulle bewse dat sy grond strek tot by die laagwatermerk, maak die klippe wat gepak is en waarna verwys word as die "Skandmuur" deel is van sy privaateiendom en sal hy geen instansie toelaat om hierdie klippe op sy privaateiendom te verwyder of te verskuif sonder sy skrifteike toestemming nie.
Volgens Visser is die grond aangekoop met die rotsversperring daarop wat daar geplaas is deur die munisipaliteit, met goedkeuring van die vorige eienaar asook ander rolspelers. Visser beskou die rotsversperring as 'n bate waaroor betaal is, sonder dat hy enigsins iets daarmee te doen gehad het. Visser het ook aangeneem dat hy die kwessie skriftelik gaan opneem met die Hessequa Munisipaliteit asook omgewingsake en is ook in die proses om verdere regsadvies in te win ten einde om sy eiendom te beskerm.
Die verskuiwing van rotse en klip op Gouritsmond om ‘n muur te bou het groot onenigheid veroorsaak in die kusdorp.
ARTIKEL: LOUISE MOUTON, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS