Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Dit is noodsaaklik dat kinders veilig vasgegordel is voor jy een meter ver ry.
Die doel van sitplekgordels is om te verhoed dat jou kind in ‘n botsing teen ‘n harde oppervlak of ’n ander insittende geslinger word.
Kinders moet onder geen omstandighede regop op die sitplek staan of op ’n passasier – of die bestuurder – se skoot sit nie.
Dit is ook belangrik dat die gordel by die kind se grootte pas sodat dit knus om die bobene en heupe en om die bors en skouer pas en nie oor die gesig of nek nie.
Kyk 'n video hieronder:
Video verskaf: Wes-Kaap verkeershoof Kenny Africa.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'