RIVERSDAL NUUSFLITS - Community Animal Rescue Society (Cars) het 'n reun waarvoor hulle dringend 'n goeie huis soek.
"Hy is 'n goeie kruising, baie liefdevol, maar ook 'n uitstekende waghond. Hy is nog jonk en lewenslustig, dus moet die nuwe eienaar bereid wees om hom oefening te gee."
"Die erf moet goed en met hoë heinings toegemaak wees."
"Hy kom goed met ander honde en katte oor die weg," sê die voorsitter, Sandra Lotz.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: ELIZE BLOM, SUID-KAAP FORUM JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'