HESSEQUA NUUS - Gemeenskappe speel ’n belangrike rol in die geveg teen MIV en VIGS. Dis die tema van vanjaar se Wêreldvigsdag wat op Sondag 1 Desember gevier is.
Waar gemeenskappe - vigsaktiviste, gesondheidswerkers en ondersteuningsklubs - betrokke is, word die las van MIV en Vigs op die pasiënt, die gemeenskap en die staat verlig.
Dit bly egter elke persoon se plig om sy/haar gereeld vir MIV en Vigs te laat toets.
Indien jy weet wat jou MIV- of Vigsstatus is, kan jy voorsorg tref dat jy nie besmet word of dit aan iemand anders oordra nie.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'