RIVERSDAL NUUSFLITS - Dit het Ashley-Ann Kortjie (27) baie lank geneem om haar gestremdheid, Spina Bifida en ook dwergisme waarmee sy gebore is, te aanvaar.
Sy is baie kort en hoewel sy kan loop, moet sy met krukke oor die weg kom.
Sy was slegs vier jaar oud toe sy reeds haar eerste rug- en been operasie ondergaan het.
Sy moet steeds been-stutte dra omdat haar voete en bene na die binnekant toe draai.
"Ek het aanmekaar vir myself gesê dat, indien ek nie myself gaan aanvaar nie, hoe sal ander mense my dan kan aanvaar?"
Spina Bifida is 'n misvorming van die rugmurg. Sommige van die bene wat die ongebore baba se werwelkolom vorm, sluit nie behoorlik met mekaar aan nie.
Dit laat dan 'n opening in die ruggraat.
Die sagte dele van die rugmurg, wat bestaan uit spinale senuwees en serebro spinale vloeistof (CSF) druk deur hierdie opening, wat skade aan die rugmurg veroorsaak. Ongeskiktheid wissel van kind tot kind.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: SAN-MARIÉ CRONJÉ, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'