HEIDELBERG NUUS - Die APD (association for persons with disabilities) het ‘n skenking van ‘Little Angels Help Centre and Childcare’ van Vishoek op Vrydag 9 Februarie ontvang.
Die organisasie het APD genader omdat hulle ‘n spesifieke apparaat gehad het waarby hulle kan baatvind.
Dit kan gebruik word om ‘n verlamde persoon uit ‘n bed op te tel en ook in ‘n bad of stoel neer te sit.
APD is ‘n nie-winsgewende organisasie wat aan die gemeenskap dienste bied wat hulp vir gestremdes, deur middel van toerusting en apparate, insluit.
Die uitleen van apparate kan ook deur persone wat operasies en beserings gehad het, by die APD afgehaal word.
Kontak Bösel by 028 722 1933.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'