HESSEQUA NUUS - Te midde van streng voorsorgmaatreëls om te voorkom dat die koronavirussiekte Covid-19 versprei, sal die provinsiale hospitaal en klinieke in die streek slegs vir noodsaaklike dienste oop wees.
Nadia Ferreira, woordvoerder vir die provinsiale departement van gesondheid het die volgende reëlings met betrekking tot mediese- en kliniekdienste bekendgemaak.
Mediese dienste
- Kroniese siektes: Pasiënte met ’n ses maande-voorskrif kan hul kroniese medisyne by die kliniek afhaal. Indien die pasiënt gesond is, hoef sy lêer nie getrek te word nie en hy hoef nie die dokter te sien nie. Daar sal ook ’n vinnige laan wees sodat pasiënte nie hoef te sit en wag nie - vra waar dit is.
- Dokters: Pasiënte moet stip by hul afspraaktye hou om te voorkom dat ’n klomp mense in die wagkamer by spreekkamers sit;
- Tandartse: Slegs nooddienste, soos wanneer die pasiënt erge pyn ervaar of ’n abses het, sal hanteer word. Geen tande sal getrek of vulsels gedoen word nie;
- Geen arbeidsterapie, fisioterapie, oudiologie en maatskaplike of dieetkundige dienste sal verskaf word nie;
- Nie-dringende operasies word gekanselleer en slegs noodoperasies sal uitgevoer word;
- Spesialis-klinieke word uitgestel, met uitsondering van dienste aan swanger vroue;
- Afsprake vir ultraklank- of sonarskandering word gekanselleer en die pasiënt sal weer ’n afspraak moet maak;
- Alle nie-noodsaaklike afsprake vir X-strale word afgestel en jy sal weer ’n afspraak moet maak.
Toetsing
- Slegs mense wat aan die vereistes van die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (NOIS) voldoen sal by sekere hospitale en klinieke vir Covid-19 getoets word. Gesonde mense sal nie getoets word nie;
- Toets jouself op hierdie webtuiste: www.westerncape.gov.za/department-of-health/risk-assessment-form, kontak die nasionale noodlyn by 0800 029 999 of die provinsiale noodlyn by 021 928 4102 vir meer inligting;
- Indien jy wel getoets moet word, moet jy die hospitaal of kliniek vooraf kontak.
Laat jou toets by
- Slangrivier-satellietkliniek: Sr. Le Roux en sr. Kleynhans by 063 157 0251;
- Heidelberg-kliniek: Sr. Kleynhans en sr. Van Deventer by 028 722 1441;
- Melkhoutfontein-satellietkliniek: Sr. E. Stols by 028 754 1978;
- Stilbaai-satellietkliniek: Sr. E. Stols by 028 754 1009;
- Albertinia-kliniek: Sr. Petersen by 028 735 1045;
- Riversdal-kliniek: Sr. Pretorius by 028 713 8600;
- Riversdal-hospitaal: Dokter aan diens by 028 713 8677.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'