RIVERSDAL SKOLE NUUS - Die meisiespan het gedurende die vakansie derde op die SA Topskole skaakkampioenskap in Boksburg geëindig.
Dié span was tussen 2015 en 2019 vyf keer na mekaar die Wes-Kaapse kampioene.
Kaptein Jeneska Januarie en Melissa Stephanus is sedert 2015 lede.
Die span van 2015. Melissa Stephanus is derde en Janeska Januarie vyfde van links.
Van links: Mnr. Azriel Johnson (afrigter), Chadelia Elias, Paulincia Juta, Melissa Stephanus, mnr. PC Steyn (bestuurder), Jeneska Januarie, Wilmary Bokwana, Salima Fielies en Augustin Johnson (hulpafrigter).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'