HEIDELBERG NUUS - Die personeel van Huis Zenobia du Toit het sop en vetkoek Dinsdag 18 Julie vir hulle bydrae tot die 67 minute vir Mandela Dag uitgedeel.
Volgens die bestuurder, Heidi de Jager, was hulle bydrae maar gering. “Ons kry so baie uit die gemeenskap en wil ook graag iets teruggee.
"Ons het spesifiek op die bejaardes in Uysstraat gefokus, wetende dat die meeste van slegs 'n staatstoelaag afhanklik is."
Bejaardes se gesigte het van blydskap gestraal nadat hulle die deur oopmaak het en ‘n heerlike kospakkie ontvang.
Personeel vertoef in die winterson vir 'n oomblik saam met twee bejaardes wat pakkies ontvang het.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'