RIVERSDAL NUUS - 'n Groot groep studente van die Hessequa Surf Lifesaving-klub het Donderdag 7 September hul sertifikate as volwaardige lewensredders ontvang na afloop van 'n strawwe kursus.
Die driemaande-kursus word elke jaar vanaf September tot November deur opgeleide instrukteurs van die klub aangebied.
Die sertifikate het 'n rooi seël op, wat daarop dui dat die persoon in besit daarvan regoor die wêreld as 'n lewensredder kan aansluit.
Die seël beteken dat hul internasionale toekenning kry en die klub is by SA Lifesaving geaffilieer.
Die volgende persone het sertifikate ontvang, maar was nie die dag teenwoordig om dit in ontvangs te neem nie: Cruise Saayman, Jaden Hartnick, Marquerite de Wet, Juhan Barnard, Chantone Cilliers, Vermin Kleinbooi, Braam Janse van Rensburg en Hendrik Eybers. Andrew Apollis, Jemile September en Annuska Steyn het kwalifiserende sertifikate ontvang.
Die instrukteurs wat tans nog onder opleiding is wat die groep opgelei het, is Joswin Bell en Chris de Witt.
Voor, van links is Pierre Joubert, Standon Wait, Johan Mostert en Hoffie Prinsloo. Middel: Danwill Farland, Brendon Marais en José Silva. Agter: Caville Abrahams, voorsitter en Pieter Sambo, sekretaris. Foto: Elize Blom.
ARTIKEL: ELIZE BLOM, SUID-KAAP FORUM JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'