Gallery
HESSEQUA NUUS - Die plaaslike munisipaliteit se departement gemeenskapsdienste het Vrydag 24 November ‘n bewusmakingsveldtog geloods vir die 16 Dae van Aktivisme teen gesinsgeweld en mishandeling van vrouens en kinders.
Verteenwoordigers van die veldtog het deur die strate van Riversdal beweeg en 'n geskrewe verbintenis ter ondersteuning van geen geweld teen kwesbare groepe aan Hessequa uitvoerende burgemeester, Grant Riddles oorhandig.
Dié bewusmakingsveldtog vind internasionaal vanaf 25 November tot 10 Desember plaas.
Veldtogverteenwoordigers met hul plakkate om bewusmaking oor die 16 Dae van Aktivisme teen gesinsgeweld en mishandeling van vrouens en kinders te kweek.
"Die doel van die veldtog is om die gemeenskap bewus te maak van geweld teen kwesbare groepe soos senior burgers, persone met gestremdhede, vrouens en kinders," het Susan Geldenhuys, munisipale mediawoordvoerder gesê.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, slegs in druk.
ARTIKEL: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'