Kay-Lee is dood nadat sy Desember verlede jaar 'n ballon ingesluk terwyl sy gehardloop het.
Die tragedie het die Prins-gesin en gemeenskap geruk. Dit het paar dae voor Kersfees gebeur.
Die diens is ook bygewoon deur Hoërskool Albertinia se laerskoolkoor wat 'n loflied gesing het, verskeie lede van 'n bekende radiostasie en past. Piet Gunguluza wat 'n boodskap van hoop en vertroue gebring het.
Hy het klem daarop gelê dat ons hulp van die Here kom en net Hy ons kan dra wanneer dit baie moeilik gaan.
Prins het almal bedank wat daar was en gesê dat hoewel die hartseer en verlange na Kay-Lee altyd daar sal wees, die wete dat sy veilig in Jesus se hande is en dat hulle haar weer eendag gaan sien, hul as gesin die nodige krag gee om elke dag voluit te leef.

Die Albertinia Hoërskool se laerskoolkoor het by die aandoenlike geleentheid opgetree.
ARTIKEL: THERESIA VAN RENSBURG, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'