HESSEQUA NUUS - Terwyl talle gebiede van die land steeds gebuk gaan onder die uitgerekte droogte, is daar nie op die oomblik ’n ernstige waternood in Hessequa nie.
So sê Harold Basson, Hessequa-munisipaliteit se direkteur: tegniese dienste.
Die damvlakke is almal bo 50%, maar dit beteken nie dat die droogte gebreek is nie en al die dorpe se waterbeperkings bly op vlak 2.
Hy doen ’n beroep op verbruikers om by die beperkings te hou omdat niemand weet hoe droog die winter gaan wees nie.
Basson sê reënvalpatroon vir die streek is baie onvoorspelbaar, maar volgens statistiek val die meeste reën in April, September en Oktober, terwyl die droogste maande November, Desember en Januarie is.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'