RIVERSDAL NUUS - 'n Koppie tee saam met Mej. Magnificent Women Icon (MWI) Suidelike Afrika kan vir 'n plaaslike sorgsentrum vir kinders met spesiale behoeftes 'n groot geldelike hupstoot gee.
Op 15 September sal 'n ma-en-dogter 'high tea' ten bate van die Small Dreams-kindersorgsentrum gehou word.
Tydens die geleentheid in die NGK Riversdal-Wes se saal in Heidelbergweg sal die motiveringspreker Lee-Lynn Watson optree. Watson, wat aan downsindroom ly, is vroeër hierdie jaar as Mej. MWI Suidelike Afrika gekroon.
Volgens die organiseerder, Nadine Radloff, benodig hulle 10 dames uit die gemeenskap om as gasvrouens op te tree. Belangstellendes kan Radloff by 060 898 1415 skakel. Die hoof van Small Dreams, Tammy Kleynhans kan ook by 082 898 4246 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'