RIVERSDAL NUUS - Grové Koch is die algehele wenner van Riversdal-fotografieklub se maandelikse fotokompetisie.
Die tema was 'Natuur'. Hy neem die eerste plek in met 'Skud hom' en die tweede plek met Liftoff.
Die klub se volgende byeenkoms is Donderdag 7 September in die vreugdelokaal van die NG kerk Riversdal-Wes. Die tema vir die maand is Informele Lewenstyl.
Belangstellendes kan Louw de Villiers kontak by 083 877 2237 of volg hulle op Facebook by Riversdal-fotografieklub vir verdere besonderhede.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'