MELKHOUTFONTEIN NUUS - Die Werk vir Vuur-span van Melkhoutfontein vat hulle taak so ernstig op dat hulle vrywilliglik fiksheidoefeninge doen om paraat te bly.
Hierdie groep word ingespan om veldbrande te beveg en volgens hulle toesighouer, Delano Jacobs is dit uiters belangrik om fiks te wees aangesien dit jou lewe kan red as 'n wegholbrand op jou afstuur.
Suid-Kaap Forum het dié groepie op die netbalbaan in Melkhoutfontein gekry waar hulle besig was om te oefen.
Volgens Delano Jacobs (voor, heel links) is fiksheid uiters belangrik vir hulle. Langs hom is Ndiphiwe Rafuza, Chad Arendse en Jean-Claude Scheepers. Agter staan Bronwyn Barends, Cameron Jacobs, Anelda Rossouw, Kaylee du Plessis, Harryeth Michael en Lohan Paulsen. Foto's: Johan Victor
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'